DOWWE DOLLA SURPRISES GUESTS AT SEMINAR
June 20, 2013
WAT WIL U GRAAG VOLGENDE HOOR?
June 20, 2013

DOWWE DOLLA KUIER BY MHI SEMINAAR

article1bSowat 100 van Durbanville se top sakelui het op Vrydag, 31 Mei 2013, ‘n trustseminaar bygewoon. Groot was almal se verbasing om nie net die bekende spreker, prof. Walter Geach, daar aan te tref nie, maar ook vir Dowwe Dolla. Soos Dolla dit stel: “Ek wou nog altyd partytjie gehou het saam met ‘n klomp prokureurs en rekenmeesters.” Dolla sê sy het dadelik geweet sy is op die regte plek toe sy die gaste se kleredrag sien. Volgens Dolla kan jy vasstel of jy ‘n prokureur of ouditeur kan vertrou deur net na sy kleredrag te kyk. “Hy moet van kop tot tone in grys aangetrek wees” was Dolla se raad aan die gaste.

“Alhoewel MHI se kleredrag nie heeltemal ooreenstem met Dolla se maatstaf vir betroubaarheid nie, was dit opwindend om Dolla as gas te hê by hierdie formele trustseminaar”, sê MHI-direkteur, Jurgens Tubb. Die geleentheid is aangebied deur MHI Prokureurs en C2M Geoktrooieerde Rekenmeesters. Dit was die derde keer dat MHI en C2M vir prof. Geach uitgenooi het om as spreker op te tree.

Prof. Geach is ‘n geoktrooieerde rekenmeester, asook ‘n advokaat van die Suid-Afrikaanse Hooggeregshof en dus ‘n baie waardevolle bron van kennis wanneer dit kom by ingewikkelde kwessies soos die bestuur van ‘n trust. Nuwe wetgewing het veroorsaak dat trustees klei trap met kwessies soos die koop van eiendom in ‘n trust. Die seminaar het spesifiek lig gewerp op die implikasies van wetgewing wat in die toekoms gewysig mag word, asook op die invloed wat dit het op die bestuur van ‘n trust. Alhoewel ‘n trust ‘n wonderlike hulpmiddel is om bates te beskerm en om effektief finansiëel te beplan, kan dit heelwat gevare inhou. Prof. Geach het tydens die seminaar uitgelig dat mense soms die fout maak om die bates wat hulle in ‘n trust sit steeds as hul eie te sien en die opbrengs van bates dan gebruik vir persoonlike gewin. Dit is egter baie gevaarlik en dit is belangrik dat trustees hulle vergewis van die implikasies hiervan om te voorkom dat die trust deur ‘n hof as nietig verklaar word.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X