MHI se grootste Facebook-aanhangers is hierdie naweek beloon met ‘n gratis vertoning by Die Boer Teater in Durbanville.
Die nuwe MHI Facebook bladsy is onlangs bekend gestel en gereelde besoekers aan die bladsy het komplementêre kaartjies na ‘n Jak de Priester vertoning ontvang. Vanaf September kan jy selfs nog meer nuus en regswenke van MHI Prokureurs op Facebook verwag.
“Alhoewel ons dit steeds verkies om op ‘n meer persoonlike vlak met ons kliënte te kommunikeer, is Facebook vir ons ‘n interessante alternatiewe platform wat ons gaan gebruik om kliënte op hoogte te hou van aktuele regsaangeleenthede en nuwe hofuitsprake. Met 5.5 miljoen Suid-Afrikaners reeds aktief op Facebook, is dit ‘n vars kommunikasie-hulpmiddel wat gebruik kan word om aktuele regsaangeleenthede met ons kliënte te deel” sê Jurgens Tubb, Direkteur van MHI Prokureurs. Kliek hier en gesels saam op Facebook.