Enige persoon wat eiendom namens ‘n trust wil verkoop of koop moet behoorlik en skriftelik gemagtig wees om namens die trust op te tree.
Alle ooreenkomste waarin onroerende eiendom gekoop of verkoop word, moet regtens op skrif wees en dit moet deur beide die koper en die verkoper onderteken word, of deur hul agente wat slegs kan optree indien hul sodanige skriftelike volmag van die koper of verkoper ontvang het.
Die Hoë Hof het ook onlangs hieroor uitspraak gelewer en as volg bevind –
In hierdie betrokke geval het die verkoper van ‘n plaas, eerstehands kennis gemaak met die gevare daaraan verbonde om met ongemagtigde trustees van ‘n familietrust sake te doen. Hier het die trust reeds okkupasie van die plaas geneem en ook reeds die volle koopprys by die oordragprokureurs inbetaal. Die verkoper het probeer om oordrag van die eiendom te bewerkstellig. Die Hof het die transaksie egter as ab initio ongeldig verklaar en die verkoper was onsuksesvol in sy poging om die ooreenkoms af te dwing.
© DotNews, 2005-2013. Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.