DIE WISSELWERKING TUSSEN DIE WET OP VERBRUIKERSBESKERMING EN DIE NASIONALE KREDIETWET, EN DIE MOONTLIKHEID VAN BOETES BY DIE AFLOS VAN KREDIETOOREENKOMSTE
March 25, 2014
ALTERNATE DISPUTE RESOLUTION (ADR): MEDIATION AND DIVORCE
April 17, 2014

ALTERNATIEWE GESKILBESLEGTING: BEMIDDELING EN EGSKEIDING

A4blHierdie artikel sal kortliks bemiddeling as ‘n geskilbeslegtingsmeganisme verduidelik, asook die gebruik daarvan in onnodige geskille wat later in die egskeidingsgeding ontstaan.

Bemiddeling kan beskryf word as die proses waardeur ‘n bemiddelaar die opponerende partye deur middel van litigasie help om geskille tussen hulle te skik deur die fasilitering van bespreking tussen die partye. Die bemiddelaar help ook deur die identifisering van kwessies, prioriteite en areas van moontlike kompromie, en die genereer van opsies in ‘n poging om die geskil op te los. Dit moet in ag geneem word dat die bemiddelaar nie ‘n besluit oor die geskil neem nie, selfs al versoek die partye hom om dit te doen. Dit verskil van arbitrasie daarin dat die arbiter getuienis en argumente van die partye aanhoor in ‘n beoordelaarsrol en later ‘n besluit oor die uitkoms van die dispuut neem.

Egskeiding is ‘n deel van die reg waar onlangse verwikkelinge die benadering tot bemiddeling verander het. Voorheen het die hof oor kwessies soos kinders, onderhoud en die verdeling van bates beslis waar daar nie ‘n skikkingsooreenkoms tussen die partye was nie. Die Kinderwet 38 van 2005 (hierna verwys as ‘die Wet’) stel bemiddeling bekend en maak dit in sekere gevalle ‘n voorvereiste. Artikel 33 van die Wet skryf voor dat die mede-houers van ouerlike pligte en regte oor kinders tydens egskeidingsgedinge, moet poog om eers saam te stem oor ‘n ouerskapsplan wat die uitoefening van hulle pligte en regte bepaal, alvorens hulle ‘n hof nader. In die voorbereiding van sodanige ouerskapsplan moet die partye gebruik maak van die bystand van ‘n gesinsadvokaat, maatskaplike werker, sielkundige of bemiddeling deur ‘n maatskaplike werker of gekwalifiseerde persoon. Die betekenis van ‘gekwalifiseerde persoon’ is nog nie deur ons howe gedefineer nie.

Waarnemende Regter Brassey het in sy uitspraak in Brownlee v Brownlee in die Suid-Gautengse Hooggeregshof die belangrikheid van bemiddeling in huweliksgedinge en geskille oor kinderregte beklemtoon. Die regter het sy ontevredenheid oor die mislukking van die twee prokureurs uitgespreek wat nie hul kliënte aangeraai het om bemiddeling te gebruik voor hulle hof toe gegaan het nie. Hy het gevolglik die fooie van beide partye se prokureurs verminder.

Die uitspraak in die Brownlee saak beslis nie dat voorkeur aan bemiddeling gegee moet word om geskille rakende egskeidings te besleg nie. Die geskiktheid van bemiddeling as meganisme om geskille by te lê, moet egter na waarde geskat word. Indien dit reeds vroeg in die geskil geïmplementeer word, kan die dispute op ‘n doeltreffende en koste-effektiewe wyse opgelos word.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Kliek hier om die volledige vrywaring te sien

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X