Die kwessies wat ons in hierdie artikel hanteer is of ‘n persoon onderhoud kan vra van hul gewese man / vrou as hul al in ‘n nuwe verhouding is en saam die man / vrou bly, by wie hulle reeds finansiele ondersteuning ontvang. Ons sal na regspraak en die Onderhouds Wet 99 van 1998 kyk.
Jou ex-vrou het aanbeweeg en is nou gelukkig saam met ‘n nuwe man. Hulle is in ‘n stabiele, ondersteunende verhouding en haar nuwe maat lyk nie kort van kontant nie.
Almal is gelukkig in hul lewe, so hoekom moet jy onderhoud betaal aan jou ex-vrou?
Die uitspraak van Harlech-Jones v Harlech-Jones [2012]ZASCA 19 het betrekking. Die probleem in hierdie geval is of ‘n man verplig is om onderhoud te betaal aan sy gewese vrou wat betrokke is in ‘n verhouding met ‘n ander man, na die egskeiding.
Die plig van ondersteuning
Geen persoon het ‘n statutêre reg op die tipe onderhoud nie. Die taal in die Wet op Egskeiding is duidelik diskresionêr en ‘n ex-eggenoot wat opsoek is na ‘n toekenning vir onderhoud het geen reg as sodanig nie. Die Hof sal die volgende faktore in ag neem voordat die besluit geneem kan word vir onderhoud:
Die diskresionêre bevoegdheid van die Hof om ‘n onderhoud toekenning te maak sluit ook in die krag om geen toekenning te maak. Ons reg gunstig die “skoon breek” beginsel, wat basies beteken dat na die egskeiding moet altwee partye so gou as moontlik ekonomies onafhanklik van mekaar af wees.
Harlech-Jones v Harlech-Jones [2012] ZASCA 19
Na aanleiding van menigte sake wat eksklusief met tussentydse onderhoud handel, het dit gebruiklik geword om nie onderhoud aan ‘n eggenoot wat in ‘n permanente verhouding is met ‘n ander persoon, toe te ken nie.
Soos hierbo genoem, het die Appèlhof ‘n interessante uitspraak gegee in die saak van Harlech-Jones v Harlech-Jones. Die vraag in hierdie saak was, onder andere, of dit teen die openbare beleid sou wees vir ‘n man om onderhoud aan sy ex-vrou te betaal terwyl sy saam met ‘n ander man bly.
Die partye, wat in Desember 1972 getrou het, het in Januarie 2011 geskei. In terme van die finale egskeidingsbevel, moes die Appellant (die gewese man) die Respondent (die gewese vrou) ‘n bedrag van R2 000.00 per maand betaal vir onderhoud van die begin van Februarie 2011 af. Met verlof van die Hooggeregshof, het die Appellant slegs ten opsigte van die onderhoudsbevel geappelleer na die Appèlhof.
Teen die tyd dat die finale egskeidingsbevel toegestaan is, het albei partye ander verhoudings aangeknoop. Die Respondent het saam met haar nuwe maat ingetrek en haar ten volle en onvoorwaardelik finansieel in stand gehou het.
In die uitsprake van Dodo v Dodo 1990 (2) SA 77 (W) op 89G; Carstens v Carstens 1985 (2) SA 351 (SE) op 353F; SP v HP 2009 (5) Sa 223 (0), is dit geargumenteer dat dit teen openbare beleid sou wees vir ‘n vrou om deur twee verskeie mans op dieselfde tyd ondersteun te word.
Die Hof was van mening dat terwyl daar geen twyfel was dat lede van die gemeenskap daardie uitkyk sal endosseer nie, verwys dit eerder na waardes van die verlede, en die Hof was van mening dat in die moderne, meer liberale era waarin ons leef, vereis openbare beleid dat ‘n persoon wat saam met ‘n ander maat lewe, nie vir daardie rede alleen verbied moet word om onderhoud te eis van sy of haar eggenoot nie.
In die lig van die feite van die huidige saak, waar die Respondent deur haar nuwe maat onderhou word en vir jare in ‘n permanente verhouding is met hom, het die Respondent versuim om te wys dat sy op onderhoud van haar ex-man geregtig is. Die Appèl het dus geslaag, en die onderhoudsbevel was tersyde gestel.
Daarom, as jy voel dat jy tans onderhoud betaal wat jy dink jou gewese man / vrou nie verdien nie, kontak jou regsverteenwoordiger en neem terug die geld wat aan jou behoort waarvoor jy so hard gewerk het!
Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.