True love, or easy paycheck?
July 28, 2014
MHI staff paints doghouses for Mandela Day
July 31, 2014

MHI personeel verf hondehokke vir Mandeladag

1Die Dogboxproject.com inisiatief het vir die 3de jaar hulle projek van stapel gestuur. Daar moes 67 hondehokke deur 67 spanne geverf word binne 67 minute.

Nadat die hokke versier is, word dit geskenk aan die welsynsorganisasie van jou keuse.

MHI het dadelik 10 spanne ingeskryf om Saterdag 19 Julie 2014 hulle bydrae tot oud President Nelson Mandela se nalatenskap te lewer.

Daar het  groot opgewondenheid geheers terwyl die hokke se verfraaiing bespreek en beplan is. Ons vriende by Ultra Pro Waterproofing het gehoor van ons inskrywing en dadelik aangebied om die verf, kwaste en rollers te skenk. Elke hok sou ook ‘n kombers en ‘n sak hondekos gekry.

Saterdagoggend het aangebreek en almal was daar! Ons het gemeet en gepas en bespiegel en 10:00 weggespring!

2

Almal was daar, gesinne, getroudes, verliefdes, sussies en selfs oupa het ook kom hand bysit!

3 4 5

6 7 8

9

Hierdie was voorwaar ‘n spanpoging!

Maar die werklike wenners is die diere van Blikkiesdorp. MHI het hulle 10 hokke en ons vriende by Rovic Leers het hulle 5 hokke ook geskenk aan Clarina Hanekom se Tin Can Town inisiatief wat hulle beywer om die diere van Blikkiesdorp in Delft se lewens te verbeter.

10 11 12

Die eerste hokke is reeds afgelewer en daar was nie een stert wat nie gewaai het nie!

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X