Om ‘n hond as troeteldier te hê, is sekerlik een van die mees vervullende ervarings en ‘n onuitputlike bron van onvoorwaardelike liefde, maar terselfdertyd bring dit ook groot verantwoordelikhede mee.
Nou praat ek nie eens van die veeartsrekeninge en die versorging en oefening wat jou viervoetige vriend nodig het nie. Wanneer jy ‘n hond besit het jy ‘n verantwoordelikheid om te verseker dat jou hond nie enigiemand of hul eiendom skade aandoen nie.
Wat nou gemaak as jou geliefde vriend jou in die skande steek?
Die ergste gebeur. Weens omstandighede buite jou beheer slaan jou viervoetige vriend sy slagtande in menslike weefsel in! Daar is bloed, ‘n besering en ‘n geskokte en woedende slagoffer. Gelukkig is die wond nie te groot nie, maar voordat jy om verskoning kan vra, storm die getraumatiseerde party daar weg met die woorde: “Jy sal betaal hiervoor; sien jou in die hof!”
Kan jy aanspreeklik gehou word vir die skade wat deur jou onnutsige hond veroorsaak is? Ja, jy kan wel aanspreeklik wees, afhangende van die omstandighede.
Skadevergoeding wat deur ‘n troeteldier veroorsaak is, kan van jou verhaal word deur die Actio de Pauperie. Jy sal aanspreeklik wees vir skadevergoeding indien die klaer suksesvol kan bewys dat:
Wat maak jy nou?
Moet jy maar net aanvaar dat jy sal moet opdok vir jou hond se swak gedrag? Die onus rus op jou, die eienaar van die hond, om te bewys dat daar ‘n geldige verweer bestaan.
Die kans is goed dat jy vir die skade verantwoordelik gehou sal word, tensy jy ‘n baie goeie verweer het en suksesvol kan bewys dat:
Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.