DO YOU KNOW YOUR DOMESTIC WORKER’S RIGHTS?
March 2, 2015
MAINTENANCE
March 2, 2015

ONDERHOUD

MHI_A2blWat kan gedoen word om ‘n onderhoudsbevel af te dwing teen ‘n persoon wat verantwoordelik is daarvoor om onderhoud te betaal, maar versuim om dit te betaal of te min betaal?

Indien ‘n persoon wat verplig is om onderhoud te betaal, dit nie doen nie, kan die persoon wat geregtig op onderhoud is ‘n klag by die Onderhoudsbeampte van die geskikte landdroshof aanhangig maak. Die Onderhoudsbeampte moet dan die klagte ondersoek en kan dan ‘n ondersoek instel in ‘n onderhoudshof. Die Onderhoudsbeampte, en nie die klaer nie, maak die finale beslissing of ‘n ondersoek  ingestel moet word al dan nie.[1] Tydens die ondersoek kan die Onderhoudsbeampte enige verklarings of enige relevante inligting met betrekking tot die betaling van onderhoud versoek. ‘n Ondersoek kragtens die Wet op Onderhoud kan in kort gedefinieer word as ‘n proses wat mense bemagtig om hul regte en dié van hul kind(ers) op die Staat se onkoste af te dwing. Gedurende die onderhoudsondersoek kom die partye gewoonlik tot ‘n ooreenkoms en versoek om die verrigtinge te onttrek of versoek dat die terme van die ooreenkoms ‘n bevel van die hof gemaak word. Hierdie bevel kan nie verontagsaam word deur die partye nie.[1] Indien die partye nie tot ‘n ooreenkoms kan kom rakende die bepalings in terme van onderhoud nie, sal die aangeleentheid na die onderhoudshof verwys word.

Indien die hof ‘n onderhoudsbevel toestaan kragtens die Wet, en sodanige persoon versuim om enige betaling ooreenkomstig die bevel te maak, moet die klaer die bevel afdwing deur:

  1. eksekusie teeneiendom;
  2. ‘n besoldigingsbeslagbevel;of
  3. skuldbeslaglegging.

Indien onderhoudsgelde in terme van ‘n onderhoudsbevel kragtens die Wet uitstaande bly vir ‘n tydperk van tien dae vanaf die dag waarop die bedrag betaalbaar was of van wanneer die bevel toegestaan is, kan die persoon ten gunste van wie die bevel gemaak is in die onderhoudshof aansoek doen vir die volgende:

  1. die uitreiking van ‘n lasbrief vir eksekusie,
  2. die uitreiking van ‘n besoldigingsbeslagbevel of
  3. ‘n bevel vir skuldbeslaglegging.

Die aansoek moet vergesel word van ‘n afskrif van die oorspronklike onderhoudsbevel of ander bevel en ‘n eedverklaring wat vasstel wat die uitstaande onderhoudsbedrag is.[3]

‘n Persoon wat verplig is om onderhoud te betaal en versuim om dit te doen, kan skuldig bevind word aan ‘n misdryf wat strafbaar is met ‘n boete of gevangenisstraf. Die staatsaanklaer kan die hof nader vir ‘n beslissing dat die agterstallige onderhoud betaal moet word, tesame met of in plaas van die uitvoering van ‘n boete of tronkstraf.4

Met die aansoek van die staatsaanklaer en addisioneel tot of in plaas van die oplegging van ‘n straf, kan die hof ‘n bevel uitreik aan enige persoon wat  skuldig is aan versuim om ‘n betaling te maak ooreenkomstig ‘n onderhoudsbevel, vir die invordering vanaf daardie persoon van die bedrag wat hy of sy versuim het om te betaal, plus enige rente.5

In die geval waar jy in die situasie geplaas word waar jou vorige gade nie die onderhoudsbevel nakom nie, sal jou beste opsie wees om die Onderhoudsbeampte te nader om die uitstaande bedrae te bereken. Daarna, as die persoon steeds versuim om die betaling te maak, kan ‘n prokureur genader word om voort te gaan met die uitvoering van die bevel, indien die persoon voldoende roerende of vaste eiendom besit, of ‘n besoldigingsbevel teen die persoon kry wat op die werkgewer van die persoon beteken word, of die onderhoudshof kan genader word vir ‘n bevel vir die beslaglegging van enige skuld wat, nou of toekomstig, aan die persoon verskuldig is.

[1] Die Wet op Onderhoud 99 van 1998.
[2] Young v Young 1985(1) SA 782 (C).
[3] Die Wet op Onderhoud 99 van 1998.
[4] Ibid.
[5] Ibid.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X