IS EXTRADITION THE ONLY ANSWER?
September 18, 2013
KONSTRUKTIEWE ONTSLAG: LAASTE UITWEG?
October 21, 2013

MHI EN C2M STAAN SAAM VIR AFRIKAANS

article1bl-SeptemberMHI Prokureurs en C2M Geoktrooieerde Rekenmeester  fokus in September op meer as net Regs- en Ouditdienste. Hierdie twee professionele firmas het betrokke geraak deur woorde in die WAT te borg en sodoende die Afrikaanse taal te bevorder. MHI het besluit om al die woorde van ons splinternuwe slagspreuk te borg: “SOVEEL MEER AS NET ‘N REGSFIRMA.”

“Borg ‘n Woord” is ‘n fondsinsamelingsprojek van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Die staatsubsidie van die WAT is drasties ingekort en tans moet die woordeboek jaarliks self R3 miljoen genereer ten einde ‘n produktiewe en dinamiese nie-winsgewende maatskappy te bly.  Deelnemers aan “Borg ‘n Woord” kan enige Afrikaanse woord, of selfs ook jou eie nuutskepping, borg.  Borge kry dan ‘n sertifikaat met hul naam en die woord of woorde wat hulle borg daarop.  Sodoende verseker deelnemers dat die Afrikaanse taal volledig geboekstaaf word in al sy verskyningsvorme: Standaard Afrikaans asook die ander variëteite soos Namakwalands en Kaaps, geselstaal, die rykdom aan uitdrukkings en streekstaal. “Borg ‘n Woord” is die idee van Mnr. Frans Stroebel, ‘n groot vriend van die WAT en jarelange persoonlike assistent van Dr. Anton Rupert.

Gaan na www.wat.co.za en klik op “Borg ‘n Woord” vir meer inligting.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X