MHI was die mede-borg, tesame met C2M Geoktrooieerde Rekenmeesters, van hierdie jaar se welbekende Rode-eiendomsontbyt wat in samewerking met die Sakeburger gehou is by D’Aria in Durbanville.
Dowwe Dolla (die aktrise Margit Meyer-Rödenbeck) het gesorg vir ligte vermaak en kwinkslae.
Dawie Roodt, direkteur en hoofekonoom van die Efficient Groep, het weer op sy beurt gepraat oor “Goed, sleg, lelik en bloot dom : jou ouma se advies aan ekonome”.
Erwin Rode, eiendomsekonoom en direkteur van Rode & Genote het gesels oor die vooruitsigte vir Suid-Afrika se ekonomiese groei in die eiendomsmark en die invloed en uitwerking van verskeie faktore op eiendomsbeleggings.
By die Rode-eiendomsontbyt is voor van links Jurgens Tubb, direkteur van MHI, Dowwe Dolla, Elzaan Schoeman, direkteur van C2M, en Michael Dreyer, assosiaat by C2M. Agter van links is Carel Steenkamp en Carel Bester, albei direkteure van C2M, Erwin Rode, bestuurshoof van Rode & Genote, Chris Faure, direkteur van MHI, Arno Nel, direkteur van C2M en Dawie Roodt van die Efficient Groep.
March ended on a sad note with our clerk Melanie Visagie leaving us on completion of her articles. She is going to persue her career as a Legal Advisor to a well known property developer. We wish her all of the best. We are sure that she will make MHI proud!
Desilene Abrahams of Stefanus’ practice is also spreading her wings and we will surely miss her bubbly personality. We wish you well!
We at MHI wish all our valued clients, a safe and Blessed Easter.