Die totstandkoming en die werking van ‘n nuwe deeltitelskema word deur die Wet op Deeltitels Nr 15 van 1985 (“die Wet”) gereguleer.
Die Wet bevat streng vereistes waaraan voldoen moet word ten einde ‘n deeltitelskema in ‘n Aktekantoor te open en daaropvolgende oordragte van eenhede na eindkopers in die Skema te registreer.
Vir doeleindes van hierdie artikel word aangeneem dat die opening van die deeltitelskema en die oordragte na eindkopers gelyktydig in die Aktekantoor gaan plaasvind.
Die inhoud van die koopooreenkoms is ‘n riglyn van bepaalde gebeurtenisse wat eers moet plaasvind voordat u die eienaar van ‘n eenheid kan word. Laasgenoemde is ‘n goeie aanduiding van hoe lank u sal moet wag voor u die vervoermaatksappy kan kontak.
Daar moet veral aandag geskenk word aan die volgende opskortende voorwaardes wat in die koopooreenkoms kan voorkom:
Nie-nakoming van die opskortende voorwaardes binne die voorgeskrewe tydperke beteken dat ‘n geldige koopooreenkoms tussen die partye nie tot stand gekom het nie en die ooreenkoms verval het. Die datums na verwys in gemelde opskortende voorwaardes is ‘n aanduiding van wanneer die Verkoper beoog om volstoom met die ontwikkeling te begin, aangesien lg eers moontlik sal wees na vervulling van al die genoemde voorwaardes.
Ander belangrike klousules wat die tydsverloop kan aantoon is die volgende:
Die Koper moet daarop let dat die Verkoper/ontwikkelaar eers met bouwerk van die geboue kan begin nadat ontwikkelingsfinansiering vir die oprigting van die Skema bekom is, dus na die datum vir die vervulling van die opskortende voorwaardes aangebreek het. Afhangende van die omvang van die ontwikkeling kan dit maande neem voordat die bouwerk voltooi is, en okkupasiesertifikate daarvoor uitgereik word deur die Munisipaliteit.
Ingevolge artikel 6 van die Wet kan die landmeter wat die deelplanne vir die nuwe Skema opmeet, eers op die perseel begin met opmetings nadat die geboue van die Skema voltooi is aangesien die konsepdeelplan opgestel word vanaf ‘n werklike opmeting van die geboue. Na opmeting en voltooiing van die deelplanne, word dit na die Landmeter-Generaal gestuur vir goedkeuring ingevolge artikel 7 van die Wet, welke proses gemiddeld tussen 4 – 6 weke kan duur.
Eers by ontvangs van die goedgekeurde deelplanne vanaf die Landmeter-Generaal kan die verwerking van die transportdokumente deur die Aktebesorgers begin. Laasgenoemde benodig oorspronklik goedgekeurde deelplanne vir die verwerking van die transport aangesien die werklike groottes van eenhede soos gereflekteer op die goedgekeurde deelplanne, gebruik moet word.
Die Aktebesorger moet die goedgekeurde deelplanne by ontvangs daarvan na die plaaslike munisipaliteit (binne wie se jurisdiksie die Skema sal val) stuur, sodat die munisipaliteit die nuwe Skema, sowel as rekord van elke eenheid binne die skema op hulle stelsel kan noteer. Hierdie proses is noodsaaklik om te verseker dat elke eienaar van ‘n eenheid na registrasie van die Skema munisipale rekeninge vanaf die munisipaliteit ontvang, en ook verpligtend vir die verkryging van ‘n belastinguitklaringsertifikaat, waarsonder registrasie van die Skema nie kan plaasvind nie.
Dit is duidelik uit bogenoemde dat die aanvoorwerk vir die opening van die Skema alleen etlike maande kan duur afhangende van hoe lank die bouwerk van die geboue van die Skema duur, asook die tydsperiode alvorens deelplanne goedgekeur word en eenhede op ‘n munisipale stelsel gelaai word. Eers na die plaasvind van bogemelde kan die normale transportproses tussen die Verkoper en die eindkoper begin.
Dit word aanbeveel dat die Koper ook aan die volgende voorwaardes in die kontrak aandag skenk:
Die registrasie van ‘n eenheid wat deel is van ‘n nuwe deeltitelskema, vorm dus deel van ‘n langsame proses en Kopers sal wys wees om nie oorhaastig te wees om in te trek nie.
BRONNELYS:
Die Wet op Deeltitels 95 van 1986
Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.