DON’T SPEED THROUGH LIFE
March 25, 2014
THE INTERPLAY BETWEEN THE CONSUMER PROTECTION ACT AND THE NATIONAL CREDIT ACT, AND THE POSSIBILITY OF PENALTIES WITH EARLY SETTLEMENT OF CREDIT AGREEMENTS
March 25, 2014

MOENIE DEUR DIE LEWE JAAG NIE

Article 2_BJack Louw is gewoond daaraan om vinnige motors te ry – hy is feitlik gebore met een voet op die versneller. Jack kom boonop uit ‘n baie welgestelde familie, wat beteken dat daar altyd geld was om die boetes vir al sy verkeersoortredings te betaal. Jack se geluk kan egter binnekort draai en dan sal daar geen manier wees om net met ‘n boete weg te kom nie.

In terme van die Wet op Nasionale Padverkeer 93 van 1996 en die Regulasies, soos gepubliseer op 17 Maart 2000, is die algemene spoedgrense as volg: 60 km/h op ‘n openbare pad binne ‘n stedelike gebied, 100 km/h op ‘n openbare pad buite ‘n stedelike gebied wat nie ‘n deurpad is nie, en 120 km/h op elke snelweg.

Indien jy die spoedgrens met meer as 60 km/h oorskry, sal jy outomaties vervolg word en nie die geleentheid hê om ‘n afkoopboete te betaal nie. Indien jy meer as 100 km/h in ‘n 60 km/h-sone ry, sal jy waarskynlik nie die opsie hê om ‘n skulderkenningsboete te betaal nie, maar jy sal in die hof moet verskyn op ‘n aanklag van roekelose of gevaarlike bestuur.

Afhangende van die erns van die oortreding, sal jy nie toegelaat word om ‘n skulderkenningsboete te betaal nie. ‘n Skulderkenningsboete is ‘n boete waar ‘n persoon met ‘n eerste oortreding die opsie het om skuld te erken en ‘n boete te betaal sonder om in die hof te verskyn. Dit mag dalk soos ‘n maklike uitweg lyk, maar indien jy skuld erken, het jy ‘n kriminele rekord.

Skulderkenningsboetes vir spoedoortredings word bereken op die basis van die een rand per km/h wat die spoedgrens oorskry is. Hierdie boetes kan by enige kantoor van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Landdrosdistrik waar die oortreding plaasgevind het, betaal word. Die boete moet getoon word op die dag van die betaling van die boete.

Indien jy kies om nie die skulderkenningsboete te betaal nie, maar eerder die saak in die hof te beveg, moet jy op die boete kyk om vas te stel op watter datum jy in die hof moet verskyn, en wat die saaknommer is. Navrae oor die boete moet gerig word aan die klerk van die kriminele hof van die Landdrosdistrik van uitreiking, en jy moet die boete saamstuur.

Dit is belangrik om kennis te neem van die spoed wat jy ry. Dit kan vir jou belangrik wees om betyds by jou bestemming uit te kom, maar is dit die moeite werd om ‘n boete te betaal, of met ‘n kriminele rekord te sit? Dit is veral belangrik om te onthou dat indien jy die boete in ‘n ander dorp as jou tuisdorp kry, jy terug na daardie dorp moet gaan om in die hof te verskyn. Dit is jou plig om in die hof te verskyn, ongeag of jy in die gebied woon of nie.

Dink voor jy skuld erken op ‘n spoed oortreding, of selfs beter, dink twee keer voor jy die spoedgrens oortree en jouself in daardie posisie plaas.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Kliek hier om die volledige vrywaring te sien

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X