In terme van die bepalings van Artikel 4 van die Boedelbelastingwet Nr 45 van 1955 word sekere aftrekkings (bekend as kortings) van die netto waarde van ’n boedel toegelaat ten einde die uiteindelike waarde te bepaal wat onderhewig sal wees aan boedelbelasting.
Die volgende twee kortings is oor die algemeen die bekendste:
Gegewe die waarde van die Artikel 4A-korting sou mens dus met sekerheid kan sê dat jou boedel nie aanspreeklik sal wees vir boedelbelasting indien die netto waarde (bates minus laste) minder as R3.5 miljoen beloop nie. Die bedrag waarmee jou netto boedel R3.5 miljoen oorskry, sal egter belasbaar wees vir boedelbelasting, betaalbaar teen 20%.
Die Belastingwysigingswet het die werking van Artikel 4A-korting gewysig deur toe te laat dat die gedeelte van die R3.5 miljoen korting wat nie deur die eerssterwende se boedel gebruik is nie, oorgedra kan word na die boedel van die langslewende. Dié wysiging geld vir die boedels van alle persone wat na 1 Januarie 2010 sterf.
Die oordraagbare korting tussen gades kan aan die hand van die volgende voorbeeld verduidelik word:
Indien die netto waarde van jou boedel dus meer as R3.5 miljoen beloop, kan die noodsaak-likheid van boedelbeplanning en ‘n testament wat jou die beste voordele gegewe die samestelling van jou bates en laste bied, nie genoeg beklemtoon word nie. Dit beteken ook nie dat die gebruik van trusts in boedelbeplanning nie meer ‘n plek het as gevolg van die groter korting in die langslewende se boedel nie. Daar is steeds goeie redes waarom die bemaking aan ’n trust deur die eerssterwende steeds ’n wyse besluit kan wees, selfs al het dit nie aanvanklik ’n besparing in boedelbelasting tot gevolg nie. In die geval van sodanige trust kan die bates deur die trustees tot voordeel van die langslewende gade en kinders geadministreer word. ‘n Klein bietjie moeite vandag vir baie gemoedsrus môre!
Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.