“THINK BEFORE YOU SPEAK, THINK TWICE BEFORE YOU WRITE, THINK THREE TIMES BEFORE YOU POST ON FACEBOOK”
May 29, 2015
STAPPE VAN DIE STRAFREGSTELSEL
May 29, 2015

“DINK VOOR JY PRAAT, TWEE KEER DINK VOORDAT JY SKRYF, DINK DRIE KEER VOOR JY IETS PLAAS OP FACEBOOK”

A1BDie dae van rookseine, duiwe en briewe gebruik om te kommunikeer is lank vergete. Tegnologie het die wêreld ‘n baie klein plek gemaak, veral met die koms van sosiale media.  Met meer as ‘n miljard gebruikers het Facebook ‘n kragtige plek geword. Sosiale media het ook ‘n platform geskep vir die ongelukkiges, en het dit dus baie maklik gemaak om erge skade te veroorsaak.

Ons ou gemeenregtelike regte, menswaardigheid en die reg tot vryheid van spraak,  beide wat vasgelê is in ons Grondwet, word tans onder druk geplaas as gevolg van sosiale media. Die vraag bly dan, is ons reg tot vryheid van spraak onaantasbaar? Of kan ons onsself skuldig bevind aan laster deur ons gedagtes die web in te stuur?

LASTER

Die wet van laster is hoofsaaklik gemoeid met die beskerming van die goeie naam of reputasie van beide natuurlike en regspersone. ‘n Bekende definisie van reputasie is van De Villiers CJ in O’Keefe v Argus Printing and Publishing Co Ltd: “Reputasie is ‘n persoon se karakter, die morele of sosiale stand waarop hy geregtig is onder sy medemens.” In ander woorde, dit is wat ander dink van jou as persoon. Waardigheid, aan die ander kant, is dit wat jy van jouself dink. Die Grondwet beskerm reputasie via die reg tot menswaardigheid.

Laster is die onregmatige en opsetlike publikasie van lasterlike materiaal wat verwys na die persoon wat nie die verklaring maak nie. Die reg tot reputasie word dikwels ontpit teen die reg tot vryheid van spraak, beide hierdie regte word ewe waardeer deur die samelewing en word dit dus ‘n balans om reputasie te beskerm in ‘n manier wat nie die reg tot vryheid van spraak belemmer nie.

Daar is tans geen wetgewing wat spesifiek handel met sosiale media nie, ons moet dus kyk na ander wette en die gemene reg om te bepaal wat sosiale media wetgewing is tot hierdie deel van die reg meer ontwikkel word.

In H v W 2013 (5) BCLR 554 (GSJ) het Regter Willis ‘n aansoek behandel om ‘n interdik teen die respondent te bekom, en ‘n bevel om alle material op Facebook te verwyder wat handel met die applikant. Die Respondent het kommentaar op Facebook geplaas wat sinspeel daarop dat die aansoeker ongeskik is om ‘n vader te wees, asook dat die applikant ‘n dwelm en drankprobleem het.

Die hof het beveel dat die respondent alle plasings op Facebook wat verband hou met die Applikant moet verwyder, en die kostes van die applikant betaal. Daar was geen eis vir skadevergoeding in hierdie saak nie.

Verdermeer het die KVBA versending van beledigende en neerhalende kommentaar op sosiale media deur werknemers erken as ‘n billike rede vir werkgewers om hulle te ontslaan. Die KVBA het aangedui (deur onlangse sake) dat dit wat ‘n werknemer aanlyn sê ‘n rol speel in die bepaling van of ‘n ontslag billik was of nie.

Behalwe die moontlikheid dat jy regsaksie of moontlike ontslag in die gesig staar deur jou aanlyn kommentaar, is dit noodsaaklik om te onthou hoe jou digitale CV lyk. Voornemende werkgewers is altyd (en as hulle nie is nie, moet hulle) besig om te kyk hoe jou digitale voetspoor lyk. As jy iets aanlyn pos sal ‘n eenvoudige Google-soektog dit van die internet trek en onder die aandag bring van ‘n belangstellende werkgewer. Hoe sal jy wil hê jou digitale voetspoor moet lyk as jy oor 5 jaar terugkyk?

Geskryf deur Kestrel Carstens

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X